ROME. – ’n Ondersoek is ingestel na 17 Tesla-voertuie by ‘n Tesla-agentskap in Rome in ‘n brand beskadig is.
Lees ook: Elon Musk kritiseer Julius Malema, kla oor Starlink
Dit is een van talle voorvalle waarin Elon Musk se maatskappy oënskynlik in die afgelope tyd geteiken is. Die eerste voorval in Europa was toe vier Tesla-voertuie in Berlyn, Duitsland, aan die brand gesteek is. Nog sewe Tesla-voertuie is Saterdag in Duitsland in ’n brand vernietig.
Vyf Teslas is twee weke gelede beskadig – twee is in ‘n brand beskadig en die res is beskadig toe daar in in Las Vegas op ‘n Tesla-diensstasie geskiet is. Die woord “Resist” is op die Tesla-gebou, waar die voertuie gevind is, geverf.
Ploftoestelle is verlede week in Tesla-voertuie by ’n Tesla-agentskap in Austin, Texas, gevind. Drie Tesla-voertuie is in Dedham, Massachusetts, beskadig met woorde op twee van die voertuie geverf.
Die FBI ondersoek die voorvalle en het dit “terrorisme” genoem.
Die anti-Tesla-beweging het begin na Musk se betrokkenheid by Donald Trump en sy ondersteuning van Duitsland se verregse Alternative for Germany-party tydens verlede maand se verkiesings. Musk het ook die Nazi-saluut gedoen en het verskeie keer kommentaar oor Nazïisme op sosiale media gemaak.
Bronne: Euronews, ABC News, The Sun
Lees ook: Elon Musk kritiseer Julius Malema, kla oor Starlink
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





