CENTURION. – Die ondersoek aangaande die dood van konst. Keamogetswe Buys (30), konst. Boipelo Senoge (20) en konst Cebekhulu Linda (24) duur voort.
Lees ook: Voertuig wat gevind is, behoort aan konstabels
Die konstabels se liggame is vroeër vanjaar in die Hennopsrivier in Centurion gevind nadat hulle as vermis aangemeld is terwyl hulle op pad van Bloemfontein na Limpopo was.
Nadoodse ondersoeke is uitgevoer nadat die konstabels se liggame gevind is, maar die finale uitslae van hierdie toetse is nog nie bekend nie. Die polisiewoordvoerder, brig. Athlende Mathe, het gesê die voorlopige uitslae van die nadoodse ondersoeke is ontvang, maar nog meer word verwag.
Bronne: SAPD
Lees ook: Drie konstabels sedert Woensdag vermis
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: