OOS-KAAP. – Mbulelo Nkqayana (46), sy vrou Yolisa Nkqayana (37) en hulle dogter, Kazimla Nkqayana (11), se liggame is Sondag in hulle huis in Bluewater Bay gevind in wat ‘n gesinsmoord blyk te wees.
Kol. Priscilla Naidu sê omstreeks 16:20 het bure verskeie skote van die huis in Brian Crescent gehoor en die polisie gebel. Die drie liggame met skietwonde is in die huis aangetref. ‘n 9 mm-pistool het langs die man gelê.
Die motief vir die skietery is nie bekend nie. Swartkops-speurders ondersoek twee sake van moord, asook ‘n geregtelike doodsondersoek.