KWAZULU-NATAL. – ‘n Mansliggaam in ‘n ontbinde stadium is Maandagmiddag in Ironsstraat in Verulam gevind na die deur van die gebou oopforseer is.
Reaction Unit South Africa sê die eienaar van die eiendom het omstreeks 18:00 hulp gevra om toegang tot ‘n buitegebou te bekom na hy ongeveer ‘n week gelede laas iets van die huurder gehoor of gesien het.
Reaksiebeamptes is na die adres waar ‘n reuk by die buitegebou waarneembaar was. Die deur is met ‘n breekyster oopforseer.
Die ontbinde liggaam van die man was in die badkamer waar dit aan ‘n dakbalk gehang het.
Omstandighede van die selfdood is nie bekend nie.