Dit is amptelik! Die internasionale Tekkie Tax-dag is om die draai. “Hierdie jaar sal jy mezzz-merized wees deur wat ons in die winkel het vir jou,” sê Kansa
Tekkie tax, wat op die 31ste Mei plaasvind, het oor die afgelope ses jaar ‘n huishoudelike naam geword.
Dié gewilde byeenkoms is besig om die grootste fondsinsamelingsveldtog in Suid-Afrika te word. Meer as 300 welsynsorganisasies word by die projek betrek. Die veldtog is pret, innoverend, uniek en suksesvol.
Volgens Kansa het die veldtog sedert 2013 ongeveer R40 miljoen ingesamel.
“Daar is tans 12 nasionale alliansievennote en hulle verteenwoordig meer as 1 500 plaaslike nie-winsgewende organisasies,” sê Kansa
So maklik soos 1,2,3
1. Kies jou plakker vir die organisasie wat jy wil ondersteun. Jy kan kies tussen diere en kinders, bring hoop, gestremdheid of onderwys.
2. Mezzz-merize jou tekkie met ‘n stel nuwe skoenveters.
3. Kry jou gratis T-hemp vir die 2019-veldtog.
4. Voila!! Jy is reg vir die Tekkie Tax-dag!
Wat gaan dit kos?
– Plakker of ‘n tatoe
Kry jou plakker en tydelike tatoe vir slegs R10 elk.
– Tekkie Tax-knopie.
Kry jou funky Tekkie Tax-knopie vir slegs R15.
– Tekkie Tax-skoenveters:
Mezzz-merize jou skoene met ‘n unieke Tekkie Tax skoenveter van silikoon teen slegs R40. .
– T-hemp:
Kry jou T-hemp vir slegs R80 per kind en R100 vir volwassenes.
Vir meer inligting of om jou bestelling te plaas, kan jy vir Andries van der Merwe kontak by 084 242 2220.
