Onthul julle baba se geslag só

Lees ook :

Onthul julle baba se geslag só. Foto ter illustrasie: Canva

Weg is die dae toe ons voorouers tot die geboorte moes wag om uit te vind of die nuweling in die gesin ’n seuntjie of ’n dogtertjie is. Vandag kan verwagtende paartjies met vierdimensionele sonars vinnig-vinnig die geslag van die baba sien. Sosiale media het vir seker bygedra tot die nuutste neiging van paartjies om die geslag van hulle babas op prettige maniere bekend te maak.

As jy kopkrap oor ’n uit-die-boks-idee om jou baba se geslag aan familie en vriende bekend te maak, is die volgende idees vir jou.

Idee 1: Skattejag

Indien jou familie en vriende avontuurlustig en aktief is, beplan ’n skattejag in julle tuin of leefarea. Steek oral leidrade weg wat uiteindelik tot die geslag van die baba sal lei.

Idee 2: Troeteldiere

Om jou viervoetige kinders by die swangerskap te betrek, kan julle vir hulle kostuums aantrek om die geslag uit te beeld.

Foto: Live Life Active Fitness

Idee 3: ’n Liedjie

As julle ’n musikale familie is, skryf ’n spesiale lied om die geslag oor te dra. Dit is ook iets om eendag vir julle kind te hou as hy of sy groot is.

Idee 4: Tuinlanterns

Stuur blou of pienk lanterns in die sterrenag op. Dit sal sorg vir ’n sprokiesagtige herinnering.

Foto: Brittany Morgan

Idee 5: Koek-“smash”

Hierdie is ’n goeie idee indien julle reeds ’n kleuter het. Bak ’n koek waarvan die binnekant blou of pienk is. Gee julle kleuter vrye teuels om die koek te “geniet”.

Of julle nou op ’n groot of klein onthullingsoomblik besluit, hou ’n kamera byderhand om die spesiale oomblik vir altyd vas te vang.

Bronne: Web Baby Shower, Style Craze

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief