‘Ontvoerde’ sakeman gered, sewe verdagtes in hegtenis

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Nigeriese sakeman (48) wat glo Woensdag in Fordsburg, Johannesburg ontvoer is, is gisteraand deur die polisie se teen-ontvoeringstaakspan gered. Hy is by ‘n gastehuis in Ferndale, Randburg, opgespoor en sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Volgens brig. Athlenda Mathe is die sakeman binne minder as 24 uur opgespoor.

Mathe sê daar is op ses voertuie wat glo deur die verdagtes gebruik was, beslag gelê. Geld wat na bewering van die sakeman se bankrekening onttrek was, is ook teruggekry.

Die teen-ontvoeringstaakspan het volgens Mathe in die afgelope twee jaar ten minste 300 verdagtes vasgetrek vir ontvoeringsinsidente waartydens slagoffers vir losprysbetalings ontvoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief