Oorsaak van Liam Payne se dood is ‘politrauma, asook interne en eksterne bloeding’

Lees ook :

Foto: Liam Payne Facebook blad

INTERNASIONAAL. – Liam Payne (31), eens die hartebreker van One Direction, het Woensdag in Buenos Aires in Argentinië by ‘n hotel na sy dood geval. Die voorlopige nadoodse ondersoek het bevind die sanger het aan politrauma, asook interne sowel as eksterne bloeding gesterf.

Politrauma is ‘n mediese term vir die toestand van ‘n persoon wat aan veelvuldige traumatiese beserings onderwerp is.

Nuusflits het voorheen berig.

Payne het volgens beriggewing ook positief vir veelvuldige stowwe, onder andere ‘n mengsel van pienk kokaïen en crack, getoets. Bewyse van alkohol- en dwelmgebruik is in die sanger se hotelkamer gevind.

Die voorlopige oorsaak van sy dood is in ‘n formele verklaring deur die Nasionale Kriminele en Korrektiewe Aanklaerskantoor gemaak. Pablo Policicchio, die kommunikasiedirekteur van die Buenos Aires-veiligheidsministerie, het gesê Payne het “van die balkon van sy hotelkamer gespring.”

Die nadoodse ondersoek was gebaseer op getuies van drie hotelpersoneellede en twee vroue wat in die sanger se kamer by CasaSur Palermo was. Hulle het egter glo die kamer verlaat terwyl hy nog geleef het.

Altesaam 25 beserings aan die liggaam, wat in die verslag aangeteken is, is soortgelyk aan dié veroorsaak deur ‘n val vanaf ‘n hoogte.

Payne se pa het intussen in Argentinië aangekom waar hy die hotel besoek het.

Kate Cassidy, Payne se meisie, was nog twee dae voor sy dood saam met hom in die hotel, waarna sy na Amerika vertrek het.

Cheryl Cole, die ma van Payne se seun Bear, het die volgende op sosiale media gedeel:

Die oorblywende lede van One Direction het soos volg gesê:

We’re completely devastated by the news of Liam’s passing.

In time, and when everyone is able to, there will be more to say. But for now, we will take some time to grieve and process the loss of our brother, who we loved dearly.

The memories we shared with him will be treasured forever.

For now, our thoughts are with his family, his friends, and the fans who loved him alongside us.

We will miss him terribly.

We love you Liam.

Louis, Zayn, Niall and Harry.

Bronne: TMZ, Associated Press, USA Today, Huffington Post

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief