Brekende Nuus
Afrikaans

Oostenrykse erfgenaam betaal 50 mense om ontslae te raak van R521 m.

Haar ongelukkigheid is ook die feit dat die staat haar nie eens belasting vra op haar erfgeld nie.

Oostenrykse erfgenaam betaal 50 mense om ontslae te raak van R521-miljoen

fotokrediet: Canva
Oostenrykse erfgenaam betaal 50 mense om ontslae te raak van R521-miljoen fotokrediet: Canva

Lees ook: Pakistan ook geteiken in Iranse aanval, kinders oorlede

OOSTENRYK. – Die Oostenrykse erfgenaam, Marlene Engelhorn (31), het 50 Oostenrykse burgers uit verskillende lae van die samelewing aangesê om idees uit te dink om R521 miljoen te bestee.

Engelhorn het in 2022 miljoene by haar ouma geërf en sy wil 90% daarvan weggee om ongelykheid in die samelewing tussen ryk en arm te verlig. Sy het gesê sy het ‘n fortuin geërf sonder om iets te doen daarvoor. Sy is ook ongelukkig oor die feit dat die staat nie burgers belasting op erfgeld, eiendom of rykdom laat betaal nie.

Engelhorn en verskeie ander ryk mense wil hê rykes moet meer belas word om die gaping tussen rykes en armes te verminder.

Bronne: IOL, New York Times, BBC

Lees ook: Pakistan ook geteiken in Iranse aanval, kinders oorlede