Oplettende restaurantganger red man se lewe by Grootbrak

Lees ook :

Foto: De Vette Mossel - Grootbrak

WES-KAAP. – ’n Oplettende restaurantganger het Saterdag waarskynlik ’n tragedie in Groot-Brakrivier afgeweer toe hy betyds alarm gemaak het nadat hy ’n man in die see, ver agter die branders, in nood opgemerk het.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens André Fraser van NSRI-Mosselbaai het die oplettende man kort ná 12:00 by De Vette Mossel-restaurant besorg geraak toe hy ’n man ver in die see in die water sien dryf het. Hy het onmiddellik hulp ontbied, waarna Mosselbaai se diensspan geaktiveer is. ‘n Reddingswemmer is eerste ontplooi om ondersoek in te stel, terwyl bemanning hulle na Stasie 15 se basis gehaas het om die JetRIB-reddingsboot gereed te kry. Alle rolspelers is ontbied. ‘n Lewensredder wat toevallig naby die toneel was, het vinnig gereageer.

Die NSRI-reddingswemmer het deur die branders beweeg, die man bereik en veilig na die strand gebring. Die 36-jarige man van George is deur paramedici ondersoek en is ongedeerd bevind. Geen verdere mediese behandeling was nodig nie. Die NSRI het die oplettende ooggetuie geloof vir sy vinnige optrede en waaksaamheid, wat waarskynlik ’n lewe gered het. Die spoedige en gesamentlike reaksie van alle nooddienste is ook geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief