Opod ondersoek nou twee sake teen Heidedal-polisiebeamptes

Lees ook :

Foto: Skermskoot van video

VRYSTAAT. – Die polisiewaghond, Opod, ondersoek buiten die beweerde aanrandingsaak van ‘n vrou by Heidedal-polisiestasie in Bloemfontein, nog ‘n saak van ‘n afgetrede polisiebeampte wat glo ook vroeg in Januarie deur lede van dieselfde polisiestasie aangerand is.

Lizzy Suping en Phaladi Shuping, van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die afsonderlike voorvalle het op 2 Januarie by die slagoffer se huis en op 19 Januarie by die polisiestasie gebeur.

In die eerste insident het ‘n polisielid van die stasie glo na ‘n afgetrede polisielid se huis gegaan om ‘n waarskuwingsverklaring in ‘n afsonderlike saak te verkry. ‘n Argument het ontstaan en die afgetrede polisielid het geweier om ‘n verklaring te gee. Die polisielid het die huis verlaat en later met nog vyf polisielede teruggekeer, waarna ‘n argument weer ontstaan het. Die afgetrede polisielid, sy vrou en seun het later ‘n aanrandingsaak teen die polisielede wat by die huis opgedaag het, oopgemaak, waarna die saak vir ondersoek na Opod verwys is.

Tydens die tweede insident is ‘n vroulike slagoffer op 19 Januarie na die polisiestasie vir hulp na huishoudelike geweld tussen haar en haar kêrel. ‘n Argument het tussen die slagoffer en twee vroue polisiebeamptes ontstaan, waarna die vrou na bewering aangerand is. Die slagoffer het die insident by Opod aangemeld. Die saak word ondersoek en is in ‘n gevorderde stadium.

Sodra Opod die ondersoek voltooi het, sal albei dossiere vir besluitneming om te vervolg of nie, aan die NVG oorhandig word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief