Oudpresident Zuma genoem in Epstein-lêers

Lees ook :

Oudpresident Jacob Zuma se naam word genoem in die nuutste Epstein-lêers wat pas deur die Amerikaanse departement van justisie uitgereik is.

Volgens SABC News het hy in 2010 ‘n ete, aangebied deur Jeffrey Epstein, in die Ritz-hotel bygewoon terwyl hy op ‘n staatsbesoek aan die VK was. Meer as 3 miljoen bladsye inligting wat verband hou met die ondersoek na die veroordeelde seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, is onlangs in opdrag van die Amerikaanse president, Donald Trump, openbaar gemaak. Trump was in die 1990’s met Epstein bevriend.

Onder die lêers was ‘n e-pos van ene Mark Lloyd wat lui dat ‘n sekere Vera, glo ‘n Russiese model, ook na die ete genooi is. In ‘n ander e-pos het sy die uitnodiging aanvaar.

Die Jacob Zuma-stigting het in reaksie die bewerings as spekulasie bestempel en gesê hulle beskou die saak as afgehandel.

Bronne: SABC News, Business Day

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief