Oudste vrou in VSA nou 115

Lees ook :

Foto: LongeviQuest

VSA. – Elizabeth Francis (115) van Texas het Donderdag haar verjaardag as die oudste persoon in Amerika gevier.

Francis is in 1909 in St. Mary Parish in Louisiana gebore en bly tans in Houston by haar dogter, wat 94 jaar oud is.

Francis het onder meer 20 presidente, twee wêreldoorloë en die eerste landing op die maan beleef.

Slegs drie persone ouer as Francis is aangeteken.

Maria Branyas Morera van Spanje is 117 jaar en 145 dae oud, Tomiko Itooka van Japan is 116 jaar en 65 dae en Inah Canabarro Lucas van Brasilië is 116 jaar en 49 dae oud.

Maria Branyas Morera (Fotokrediet Guinness World Records)

Tomiko Itooka (Fotokrediet LogeviQuest)

Inah Canabarro Lucas (Fotokrediet LongeviQuest)

Bronne: LongeviQuest, CNN, New York Post en USA Today

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief