Pa en dogter sterf in gesinstragedie

Lees ook :

Foto: Laerskool Rooihuiskraal

GAUTENG. – Warren Green (44) en sy dogter Amé (8) se bebloede liggame is Vrydagaand, in wat deur die polisie as ‘n gesinstragedie beskryf is, op ‘n bed in ‘n huis in Amberfield aangetref.

Kapt. Johan van Dyk, ‘n polisiewoordvoerder vir die Tshawne-polisiedistrik, sê aan Nuusflits polisiebeamptes is ná 20:00 na ‘n woning ontbied waar die bebloede liggame aangetref is. Die pa sowel as die dogter is op die toneel deur nooddienste dood verklaar. ‘n Vuurwapen is op die toneel gevind. Misdaadtoneelbestuur was op die toneel om die ondersoek te ondersteun.

Wierdabrug-polisiekantoor ondersoek ‘n saam van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die omstandighede rondom die voorval word tans ondersoek,” het Van Dyk gesê.

Medelye stroom in nadat Laerskool Rooihuiskraal die afsterwe van die pa en geliefde Rooimier op hulle amptelike Facebook-blad bekend gemaak het: “Liewe Rooimier-gemeenskap. Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van ‘n geliefde Rooimier, Amé Mia Green, en haar pappa, Warren Green, aankondig. Ons gedagtes, gebede en innige meegevoel gaan uit na die familie, vriende en almal wat deur hierdie groot verlies geraak word. Ons Rooimierharte is baie seer. Mag hulle in vrede rus.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief