GAUTENG. – Die paaie tussen die Universiteit van Pretoria in Onderstepoort en die Wonderboom Nasionale Lughawe is tans gesluit, om ‘n ligte vliegtuig wat Dinsdag ‘n ongeluk gemaak het, te verwyder.
Volgens die Gauteng Provinsiale JOC het die Stad Tshwane te kenne gegee die Soutpanpad, R556 Rosslynpad, Lavenderpad en Lintveldstraat sal gesluit wees. Motoriste is aangeraai om tot 13:30 van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Die vliegongeluk het Dinsdagmiddag omstreeks 16:20 naby die M35 in Onderstepoort gebeur. Alle nooddienste was op die toneel teenwoordig. Geen beserings was aangemeld nie.





