Brekende Nuus
Afrikaans

Palestynse burgers verdrink toe voedselnoodpakkies in see beland

Verlede maand is minstens vyf mense dood en verskeie gewond na noodpakkies op hulle geval het.

12 Palestynse burgers verdrink na noodpakkies in see beland

fotokrediet: Canva
12 Palestynse burgers verdrink na noodpakkies in see beland fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur

GAZA. – Minstens 12 Palestynse burgers het verdrink en ses is dood na hulle vertrap is in die stormloop om voedselnoodvoorrade te kry wat deur Amerika uit die lug gegooi is.

Drie van die 18 voedselpakke wat deur ‘n militêre vragvliegtuig uitgegooi is, het in die see beland. Minstens 12 het verdrink in hulle poging om dit uit die see te vis.

Verlede maand is minstens vyf mense dood en verskeie gewond na noodpakkies op hulle geval het. Meer as 100 mense is verlede maand deur Israeliese soldate doodgeskiet toe hulle in ‘n ry gestaan het om voedselvoorrade van trokke af in die hande probeer kry het.

Israel het gesê hulle het nie die mense geskiet nie; hulle is dood na hulle vertrap en raakgery is.

Bronne: Independent, CNN, The Guardian

Lees ook: Israel vra Internasionale Geregshof om SA se aansoek af te keur