Brekende Nuus
Misdaad

Man ernstig beseer in panga-aanval in Bronkhorstspruit

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Jimmy Ndala (55) is Maandagaand ernstig beseer toe ’n groep mans hom na bewering met pangas en ander onbekende wapens op Plot 30 in Vlakfontein aangeval het.

Kapt. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die man was omstreeks 22:50 buite by ’n vuur toe die groep uit die donkerte te voorskyn gekom en hom aangeval het. Die man het verskeie beserings aan sy kop opgedoen en bewusteloos geraak. Hy is naby Ezemveloweg gevind en vir behandeling na die Bronkhorstspruit-hospitaal geneem.

’n Saak van poging tot moord is namens die slagoffer deur konst. Sindane geopen. Die verdagtes is steeds onbekend.