Paramedici en veiligheidspersoneel glo op toneel aangerand

Lees ook :

KWAZULU-NATAL. – Paramedici en veiligheidspersoneel is na bewering Saterdagmiddag deur die insittendes van ‘n motor in Ballito op ‘n ongelukstoneel aangerand nadat ‘n bakleiery tussen die insittendes van twee voertuie uitgebreek het.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die diens is na die ongelukstoneel waar twee motorvoertuie betrokke was. Die insittendes van beide die voertuie het beserings opgedoen. Toe paramedici die ongelukstoneel wou verlaat, het die twee groepe insittendes van die voertuie glo begin baklei. IPSS Medical Rescue en Marshall Sekuriteit het probeer om die groepe uit mekaar te hou, toe daar na bewering skielik na hulle gedraai en hulle aangerand is.

Meyrick sê van die aangerande beamptes was nie aan diens nie, maar in die gebied en het met hulle families in hulle motors stilgehou om hulp te verleen. IPSS Medical Rescue en Marshall Sekuriteitsbeamptes is lig beseer en gaan sake van aanranding by die polisie aanmeld.

“Dit is afgryslike gedrag, deur die gebruik van alkohol aangevuur. Dit beklemtoon ook die risiko en gevare waarin nood- mediese dienste hulself dikwels bevind,” sê Meyrick.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief