Brekende Nuus
Afrikaans

Pasgebore baba deur tieners langs pad ontdek

'n Pasgebore babameisie is deur twee tienerseuns langs die pad gevind.

Pagebore babameisie deur tienerseuns langs pad ontdek
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Pagebore babameisie is Vrydagmiddag deur twee tienerseuns aan die kant van ‘n besige pad in Gandhinagar gevind.

Reaction Unit South Africa sê die tieners het in Hoogweg sokker gespeel toe hulle die baba, wat in ‘n swart kombersie toegedraai was, langs die pad gevind het.

Die tieners het verbygaande motoriste se aandag getrek en hulle gevra om hulp te ontbied.

Reaksiebeamptes het omstreeks 16:08 by die tieners en baba aangekom waar hulle gevind het die pasgeborene se naelstring was nog aan haar, met ‘n wasgoedpennetjie vasgeklem. Die babameisie is vir mediese behandeling na die Tongaat-kliniek geneem.

‘n Saak van kinderverlating word ondersoek.

Bron: Reaction Unit South Africa