KWAZULU-NATAL. – David Mkhanyisi Ntshulana (59), ‘n pastoor en sokkerafrigter, is Woensdag deur die Verulam-streekshof vir die verkragting van ‘n seun (9) tronk toe gestuur.
Volgens kol. Robert Netshiunda het die voorval in September 2023 plaasgevind. Die slagoffer en ‘n vriend het die nag van 16 September by Ntshulana, hul sokkerafrigter, se huis oorgeslaap. Gedurende die nag het die slagoffer wakker geword van pyn. Ntshulana was kaal langs hom, maar het onskuldig gepleit.
Die volgende oggend het die sokkerafrigter die slagoffer en sy vriend kerk toe geneem waar hy ‘n pastoor is.
“Die slagoffer het later sy vriend van die traumatiese ervaring vertel, en sy vriend het hom aangeraai om sy ma in te lig. ‘n Saak van verkragting is daarna geopen.”
Ntshulana is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.