Kennis geskied hiermee aan alle belanghebbende en/of geraakte partye dat PETRO PULSE CONSULTING (EDMS) BPK, hierna verwys as “die aansoeker”, ’n aansoek ingedien het vir ’n groothandellisensie, aansoeknommer J/2026/03/31/0001.
Adres van die aansoeker: 291 Bear Creek Blv, Pearl Valley Golf Estate, Paarl
Die doel van die aansoek is dat die aansoeker ’n lisensie verkry om petroleum groothandelaktiwiteite te onderneem soos uiteengesit in die aansoek. Reëlings om die aansoekdokumentasie te besigtig kan getref word deur die Beheerder van Petroleumprodukte te kontak by tel: (021) 427 1001 of e-pos: [email protected].
Enige besware teen die toestaan van ’n lisensie in verband met hierdie aansoek, wat die bogenoemde aansoeknommer duidelik moet aandui, moet binne twintig (20) werksdae vanaf die datum van publikasie van hierdie kennisgewing by die Beheerder van Petroleumprodukte ingedien word.
Sodanige besware moet by die volgende adresse ingedien word:
Fisiese adres:
Die Beheerder van Petroleumprodukte, Departement van Minerale Hulpbronne en Energie
Map House
44 Strandstraat
Kaapstad
8012
Posadres:
Die Beheerder van Petroleumprodukte, Departement van Minerale Hulpbronne en Energie
Privaat Sak X9
Roggebaai
8012
Datum van publikasie: 2 April 2026












