Die aktrise Rebel Wilson het onlangs bekendgemaak dat ’n vierde fliek in die Pitch Perfect-reeks ’n groot moontlikheid is.
Die eerste fliek is in 2010 vrygestel en was ’n reusesukses. Met bekendes soos Anna Kendrick, Brittany Snow en natuurlik Rebel Wilson, het die fliek nege toekennings en 20 nominasies ontvang.
Pitch Perfect 2 is in 2015 vrygestel en die derde fliek in 2017. Beide het aanklank by kykers gevind. Die derde fliek het egter jonger aktrises in die rolverdeling gehad.
Die skrywer van die vierde fliek is Mickey Rapkin. In die verlede is die ontwikkeling van ‘n nuwe fliek ook al aangekondig, maar dit het nooit verby die ontwikkelingsfase gevorder nie.
Die oorspronklike rolverdeling gaan glo vir die nuutste fliek gebruik word. Volgens Wilson is sy nog nie seker oor die storielyn nie, aangesien alle karakters nou ouer is.
Bronne: E! Online, Digital Spy, Screen Rant





