Plaaslike melkboer stort melk in lande weens kragonderbrekings

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Corné Ferreira, ’n plaaslike melkboer van Vereeniging, was genoodsaak om weens elektrisiteisonderbrekings vars melk weg te gooi. Ondanks pogings om die melk teen ’n lae prys aan die gemeenskap beskikbaar te stel, kon dié boer nie al die vars melk verkoop nie en moes hy dit noodgedwonge op sy lande uittap.

Ferreira sê aan Nuusflits ‘n advertensie is geskep en hy het sy prys selfs nog verder verminder. Teen R6 per liter melk kon hy ‘n tweede vrag melk verkoop kry. Hy sê hy dank die Here daarvoor. Die aanvraag was toe so groot dat hy selfs tans ‘n tekort aan melk het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief