Lees ook: JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad
VK. – Die polisie gaan nie JK Rowling ondersoek vir beweerde haatspraak nie. Rowling is verlede week aangegee by die polisie na sy ’n transgender vrou ’n man op sosiale media genoem het.
India Willoughby is polisie toe na Rowling haar ’n man in ’n plasing op sosiale media genoem het. Sy het gesê Rowling “het definitief ’n misdaad gepleeg” en sy is “wetlik ’n vrou”.
Die polisie het gesê geen aksie sal geneem word nie, want die plasing oorskry nie die “kriminele drempel” nie.
Bronne: The Telegraph, The Independent, Mail Online
Lees ook: JK Rowling by polisie aangegee oor beweerde haatmisdaad





