SECUNDA, MPUMALANGA. – Tryphinah Elizabeth Mgomezulu (65) van Secunda is Saterdag deur ses Belgiese Malinois-honde in haar werkgewers se erf doodgebyt.
Die gesin se dogter (10) het haar omstreeks 16:30 buite sonder klere sien lê en alarm gemaak.
Volgens konst. Busi Mthethwa, polisiewoordvoerder, het owerhede aanvanklik geglo Mgomezulu is doodgesteek, totdat hulle die CCTV-beeldmateriaal onder oë gekry het. Op die beeldmateriaal kon hulle sien sy is deur die ses honde aangeval.
Mgomezulu het na bewering die honde voor die aanval met ’n groen tuinslang geslaan.
Mthethwa sê die slagoffer het weens beserings aan haar nek doodgebloei. Haar hare is deur die honde uit haar kop geruk. Sy is op die toneel dood verklaar.
Bronne: Potchefstroom Rekord, Caxton News, SAPD





