Polisie ontbloot vermeende motorfietsdiefstalsindikaat in Springs

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Drie Mosambiekse burgers, tussen 32 en 37 jaar, is Maandag in Kingsway, Springs, in hegtenis geneem nadat hulle met uitmekaargehaalde motorfietse aangetref is. Die motorfietse was vermoedelik vir Mosambiek bestem.

Lt.kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die polisie het inligting ontvang oor die verdagtes wat glo in Kingsway in besit van vermoedelik twee gesteelde motorfietse is wat uitmekaargehaal en toegedraai is met die voorneme om dit later na Mosambiek te vervoer. ’n Operasie is geloods om die verdagtes te onderskep.

Masondo sê met aankoms by die adres is twee verdagtes aangetref wat glo ’n silwer Linex Yamaha Jet Ski toegemaak het en besig was om dit op ’n sleepwa te laai. Een verdagte het probeer vlug toe hy die polisie sien, maar is in hegtenis geneem. Nog twee motorfietse, wat in swart vullissakke toegevou is, is gekry. Die verdagtes was glo gereed om dit op ‘n wit Toyota Hilux-bakkie te laai wat aan ‘n sleepwa gekoppel was. Een van die motorfietse is vroeër in Cosmo City, Johannesburg, as gesteel aangemeld.

Die polisie vermoed dat meer verdagtes deel is van die sindikaat. Die verdagtes, wat in aanhouding is, sal na verwagting binnekort in die Benoni-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief