WES-KAAP. – Die polisiediens op Lambertsbaai soek die hulp van die publiek om Louis Agrela (63) op te spoor. Hy word vir bedrog gesoek.
Volgens die polisie het Agrela tussen Oktober 2018 en Augustus 2023 bedrog gepleeg. Die Clanwilliam-landdroshof het ‘n lasbrief vir sy onmiddellike inhegtenisneming uitgereik.
Enigiemand met inligting oor waar hy homself bevind, word gevra om die ondersoekbeampte, AO Charlie Bonn, by 079 894 1680 te bel.





