OOS-KAAP. – Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in eMaxesibeni het identikits van sewe verdagtes vrygestel wat vermoedelik in die gebiede Ndunge, Mhlanga en Ntshamathe rondom Mbizana bedrywig is.
AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die ondersoek hou verband met voorvalle wat tussen Januarie 2023 en Mei 2025 plaasgevind het. Hy het ook gesê dat die meeste slagoffers deur werksgeleenthede op Facebook deur die verdagtes gelok is.
Nkohli het die gemeenskap versoek om te help met die opsporing van die verdagtes. Enigiemand met relevante inligting word gevra om 079 520 3586 te bel.





