VRYSTAAT. – Die polisie doen ’n beroep op die publiek om te help met die opsporing van ’n 23-jarige polisiekonstabel, Mpho Sehloho, wat as vermis aangemeld is.
Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê dis tans onbekend waar Sehloho haar bevind en ’n ondersoek is van stapel gestuur om haar op te spoor. Sehloho is verbonde aan die Parkroad-speurtak en is laas op Maandag 7 September gesien, toe sy haar woning in Rocklands, Mangaung, verlaat het. Sy het ’n blou denimbroek en bruin bostuk aangehad.
Enigiemand wat haar sedert haar verdwyning gesien het of oor inligting beskik oor waar sy haar bevind, word gevra om konst. Bernice Kiewiets van Mangaung-speurtak by 071 825 6860 te bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: