NOORD-KAAP. – Petronella Wilhelmina Steyn, ook bekend as Ronel Podges, word deur die Upington-polisie as ‘n persoon van belang gesoek.
Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring sy word as ’n persoon van belang in ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, gesoek. Volgens die polisie was sy laas by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gesien.
Enigiemand met relevante inligting word versoek om kapt. Benadé, die ondersoekbeampte, by 076 021 8440 of 054 337 3400 te bel.





