WES-KAAP. – ‘n Man (33) is Dinsdag deur die polisie in hegtenis geneem nadat inligting oor die beweerde besit van dwelms en ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in Abonwabisistraat, Nyanga, ontvang is.
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het inligting oor ‘n verdagte wat glo by afpersing in die gebied betrokke is met ‘n operasie opgevolg. ‘n Verdagte wat aan die beskrywing voldoen is op die geïdentifiseerde perseel aangetref en deursoek. ’n Pistool met ammunisie sowel as 195 Mandrax-tablette is in sy besit gevind.
Die man is in hegtenis geneem. Hy sal op aanklagte in die Athlone-landdroshof voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





