Polisie vra inligting nadat motorwag se liggaam ontdek is

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Belzaser Johannes Moolman (61) se liggaam is op 16 Desember 2023 langs ‘n pad aangetref. Die polisie vra enigiemand wat met die geregtelike doodsondersoek kan help om na vore te kom.

Kol. Adéle Myburgh sê Moolman was ‘n motorwag in Dr. James Morokarylaan in Potchefstroom en is op die middag van 15 Desember 2023 laas lewend gesien toe hy na ‘n nabygeleë winkel is. Die volgende dag het ‘n verbyganger om 10:00 op sy liggaam ongeveer 17 km buite Potchefstroom langs die Viljoenskroonpad, by Haaskraal, afgekom. Die sak wat Moolman altyd by hom gehad het, is later aan flarde in Paulstraat, Potchefstroom, gekry.

Enigiemand wat relevante inligting het om die polisie met die ondersoek te help, kan AO Simon Mokgopha van Potchefstroom-speurtak by 083 553 8672 of 018 2997411 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief