VRYSTAAT. – ‘n Polisie-sersant (42) het Maandag op aanklag van die ontvoering en afpersing van ‘n vermiste tiener van Bloemfontein in die plaaslike landdroshof verskyn. Kamogelo Baukudi (19), ’n gr. 11-leerling aan die Martie du Plessis-skool in Fichardtpark, is op 5 Junie laas gesien toe hy glo deur twee onbekende mans in polisie-uniform geneem is.
Mojalefa Senokoatsane, streekwoordvoerder vir die NVG, sê die sersant is aan die misdaad verbind deur ‘n polisievoertuig wat glo in die ontvoering gebruik is. Die saak is tot 13 Junie uitgestel en hy bly vir eers in aanhouding.
Intussen word Baukudi steeds gesoek. Enigiemand met relevante inligting word versoek om na vore te kom.
Die hof het beveel dat die beskuldigde nie in hierdie stadium geïdentifiseer word nie.
Lees ook meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com