Polisielede wat ‘meesterbrein help ontsnap’ op borg

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Adj.off. Jack Motlhabya (37), adj.off. Menzi Shabalala (38), sers. Ntutuko Dladla (40) en sers. Samkelo Mbotho (38) is Vrydag gearresteer nadat Neo James Tiger Tshwaeli, die beweerde meesterbrein van Stilfontein, uit wettige aanhouding ontsnap het.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die vier polisielede is aan die Stilfontein Vala Umgodi-operasie verbonde. Al vier het reeds op aanklag van regsverydeling in die Stilfontein-landdroshof verskyn en is elk op R1 000 borg vrygelaat. Interne departementele stappe is ook teen hulle ingestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief