Polisielid doodgeskiet en ‘n vrou gewond

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Sers. Serwadime Harry Mokadi (45), verbonde aan die spoorwegpolisie in Springs, is Dinsdagaand in die Delmas-area in sy voertuig doodgeskiet, terwyl ‘n vroulike passasier gewond is.

Kol. Donald Mdhluli sê die polisie is deur die publiek na wat blyk ‘n kapingstoneel te wees op die R42-afrit ontbied. Onderweg het die polisielede ‘n maroenkleurige verdagte voertuig van die beweerde kapingstoneel wat aan hulle beskryf is, opgemerk. Verdagtes in die voertuig het die polisie gesien en op hulle geskiet. Die polisielede het teruggeskiet, waarna die verdagte voertuig met ‘n veiligheidsvoertuig gebots het. Vier verdagtes van die maroenkleurige voertuig het te voet in verskillende rigtings gevlug. In die voertuig is ‘n vuurwapen wat in Thabazimbi as gesteel aangemeld is, gevind. Kontant en ander items wat in die voertuig gevind is, word ondersoek.

Mdhluli sê die polisielede is daarna na die toneel wat aanvanklik as ‘n kapingstoneel aangemeld is. Op die toneel het hulle Mokadi dood aangetref. ‘n Vroulike passasier in die voertuig het blykbaar gesê hulle het ‘n geleentheid by Mokadi gekry, waarna hulle deur verdagtes aangeval is.

Mokadi is dood verklaar. Die vrou is in ‘n ernstig maar stabiele toestand na ‘n hospitaal vervoer.

Die verdagtes word steeds gesoek terwyl die ondersoek ook voortduur.

Enigiemand met inligting kan speur.lt.kol. Isak Mokwana (DPCI) by 082 461 9278 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief