Polisiesersant en nog ‘n verdagte in ontvoeringsaak vasgetrek

Lees ook :

Foto: Op lêer

NOORDWES. – Nog twee verdagtes is vir die ontvoering op 6 Maart van Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19), die niggie en neef van Brits, vasgetrek. Een van die verdagtes is ‘n polisiesersant van Letlhabile-speurtak.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die nuutste inhegtenisnemings is Dinsdag gemaak, wat die aantal persone in aanhouding tot op ses te staan bring. Aanvanklik is Maandag ses inhegteninsnemings gemaak, maar twee van die verdagtes is na ondervraging weens onvoldoende bewyse laat gaan.

‘n Voertuig wat vermoedelik in die pleeg van die misdaad gebruik is, is gekonfiskeer.

Die verdagtes sal op 28 Maart in die Brits-landdroshof verskyn.

Nuusflits het Dinsdag soos volg berig:

Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19), die niggie en neef wat glo op 6 Maart ontvoer is, is Maandagaand veilig met hulle families herenig. Altesaam sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die ontvoerdes is in ‘n huis in New Stands noord van Pretoria gevind. Ses verdagtes is in hegtenis geneem.

Humphrey Martin, nog ‘n verdagte, is op 8 Maart by Naturena in Johannesburg in hegtenis geneem en het reeds drie maal in die Brits-landdroshof verskyn. Sy saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 8 April uitgestel terwyl hy in aanhouding bly.

Beide niggie en neef is deur paramedici by Klipgat-polisiestasie ondersoek. Alhoewel hulle geen sigbare beserings opgedoen het nie, was die twee moeg en getraumatiseerd.

Mokgwabone sê die verdagtes het die oggend die slagoffers se voertuig reg van voor met ‘n maroenkleurige Audi A3, wat in Maart in Garsfontein gesteel is, gestamp om hulle tot stilstand te dwing. Daarna is hulle in ‘n wit VW Polo GTI ingedwing. Die bestuurder van die Audi het in ‘n Toyota Hilux geklim wat na bewering deur Martin bestuur is. Daar is van die toneel gevlug. Martin se Mercedes-Benz en die Audi is agtergelaat.

Die ses verdagtes sal soos Martin op twee aanklagte van ontvoering en afpersing in die Brits-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena het die ondersoekspan van verskeie polisie-eenhede geprys wat onverpoos gewerk het om die niggie en neef te vind.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief