Politieke partye wil kriminele klagtes teen OVK lê

Lees ook :

Politieke partye wil kriminele klagtes maak teen OVK
Politieke partye wil kriminele klagtes maak teen OVK fotokrediet: Canva

Lees ook: Verskeie politieke partye wil OVK hof toe vat

Verskeie politieke partye wil kriminele klagtes teen die OVK vir “verkiesingsbedrog” lê.

Meer as ‘n dosyn politieke partye voer aan die verkiesing het onreëlmatighede gehad en hulle is van stemme “beroof”. Ten spyte van 579 besware en klagtes van 21 partye het die OVK die verkiesing as vry en regverdig verklaar.

Verskeie politieke partye wil hulle na die verkiesinghof wend oor die uitslae. Sommige wil verder gaan en kriminele klagtes teen die OVK aanhangig maak.

Die MK-party en Jacob Zuma het gedreig om die OVK hof toe te neem “want hulle het die wet gebreek en gesteel”.

Hulle werk saam met kleiner politieke partye om klagtes teen die OVK te bring en wil hê daar moet weer ‘n verkiesing gehou word.

Bronne: eNCA, IOL, The Citizen

Lees ook: Verskeie politieke partye wil OVK hof toe vat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief