R1,6 m. borg vir 38 beskuldig in R114 m.-onderwystenderskandaal

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA – 38 beskuldigdes wat glo by grootskaalse korrupsie met geld van die provinsiale onderwysdepartement betrokke was, is ná ’n borgtogaansoek van drie dae in die Nelspruit-landdroshof op altesaam R1 625 000 borg vrygelaat. Volgens die voorlopige ondersoek toon dit daarop dat tenderprojekte ter waarde van sowat R114 miljoen onder voorwendsel van dringende dienste deur die departement toegeken was.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, Valke-woordvoerder, bevestig dat die groep beskuldigdes Sondag in hegtenis geneem is en van Maandag tot Woensdag in die hof verskyn het. Die ondersoekspan beweer dat sekere diensverskaffers doelbewus gekies is sonder dat die voorgeskrewe tenderprosesse gevolg is. Daar word verder aangevoer dat sommige van die werk wat wel gedoen is, van swak gehalte was, terwyl ander kontrakteurs glo betaal is sonder dat enige diens gelewer is. In sekere gevalle is betalings na bewering meer as een keer vir dieselfde werk gemaak. Die geld is glo daarna uit die diensverskaffers se rekeninge na verskeie ander bankrekeninge oorgeplaas in ’n poging om die spoor te verbloem en het glo uiteindelik by sekere regeringsamptenare beland. Die ondersoek het ook aan die lig gebring dat twee van die betrokke diensverskaffers pastore is.

‘n Beskuldigde in ‘n rolstoel en nog twee van drie studente is elk R5 000 borg toegestaan. Nog drie ander het elk R20 000 borgtog ontvang, terwyl nog ‘n beskuldigde R30 000 borg moes betaal. Die meerderheid van die groep, 31 beskuldigdes, is elk op R50 000 borgtog vrygelaat.

Die beskuldigdes sal weer op 26 Maart in die hof voorkom. Twee verdagtes wat nog nie in hegtenis geneem is nie, het volgens ooreenkomste tussen hul regsverteenwoordigers en die ondersoekbeampte onderneem om hulself aan die owerhede oor te gee.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief