R350 m. se platinum gekonfiskeer – 7 verdagtes gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Die Valke het Woensdag platinum ter waarde van R350 m., wat vermoedelik gesteel is, gekonfiskeer en sewe verdagtes in hegtenis geneem.

Lt.kol. Tinyiko Mathebula sê die sewe verdagtes is op aanklag van handeldryf in edelmetale in Rustenburg en Brits gearresteer. Inligting van die vermoedelik gesteelde platinum is ontvang, waarna die polisie op twee persele en die verdagtes toegeslaan het.

Die verdagtes sal Donderdag onderskeidelik in die Rustenburg- en Brits-landdroshowe verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief