Rachel Kolisi na CCMA na paaie met Kolisi Foundation skei

Lees ook :

Rachel Kolisi gaan glo na CCMA oor Kolisi Foundation fotokrediet: Instagram

Volgens ’n berig deur Daily Maverick het Rachel Kolisi regsaksie geneem teen die Kolisi Foundation deur ’n klag by die CCMA in te dien. Kolisi het na bewering gesê die raad van Kolisi Foundation het ’n “haglike werksomgewing geskep wat haar gedwing het om te bedank”.

Lees ook: Siya en Rachel Kolisi se paaie skei

Sy het glo in haar klag gesê sy wil óf haar vorige posisie terughê óf sy wil kompensasie hê vir die stres wat deur die omstandighede veroorsaak is.

Die berig volg na Rachel Kolisi in Februarie 2025 aangekondig het sy verlaat die Kolisi Foundation wat sy en haar gewese man Siya Kolisi begin het om sosiale ongelykheid in Suid-Afrika te verbeter.

Rachel Kolisi sowel as die Kolisi Foundation het nog geen amptelike persvrystellings aangaande die saak gemaak nie.

Bronne: Jacaranda FM, SA People, IOL

Lees ook: Rachel Kolisi en kinders weer terug in SA

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief