Renosterhoring onderweg na China onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Stukke renosterhoring met ‘n gewig van 10 kg is onderweg na China op OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.

Brig. Athlenda Mathe sê polisielede by die lughawe was besig met weeklikse operasies toe die vier stukke renosterhoring tydens deursoeking in ‘n vragversendingpakhuis ontdek is. Die lede het ‘n kunsbeeld opgemerk wat verdag lyk. Met verdere inspeksie is die renosterhoringstukke binne-in gevind.

Mathe sê geen arrestasies is gemaak nie. Die oorsprong van die renosterhoring en die verifikasie van die bestemde adres soos op die verskepingsetiket aangedui, word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief