MALVERN, GAUTENG. – ’n Brand het Woensdag by die bekende Pure & Cool Roadhouse in Malvern-Oos uitgebreek.
Inwoners is gewaarsku om die area te vermy. Die oorsaak van die brand is nog nie bevestig nie.
Sosiale media het gegons soos inwoners hulle skok oor die brand uitgespreek het. Vir sommiges is deel van hulle “kinderherinneringe” daarmee heen.
Kyk ‘n video van die brand hier.
Bronne: Intelligence Bureau SA, We love Kensington Facebook-groep





