Roofverdagtes aangekeer en items teruggekry

Lees ook :

Foto's: JMPD

GAUTENG. – Vyf verdagtes, wat twee vroue insluit, is Sondagoggend deur die Johannesburg-metropolisie (JMPD), saam met die SAPD en ‘n veiligheidsmaatskappy, op aanklagte van roof in Orange Grove aangekeer.

JMPD sê in ‘n verklaring die verdagtes is in Bramley View aangekeer, nadat hulle glo ‘n slagoffer op die hoek van Louis Botharylaan en 7de Straat beroof het. Omstreeks 06:45 is lede by ‘n vulstasie deur ‘n slagoffer genader wat na bewering deur die verdagtes in ‘n rooi Volkswagen Jetta van geld en selfone beroof is. Geld is selfs aanlyn uit sy bankrekening oorgeplaas.

Die JMPD-beamptes het die slagoffer saamgeneem en kort voor lank is die verdagte voertuig naby ‘n winkelsentrum, geparkeer opgemerk. Rugsteun is aangevra en die verdagtes is in die winkelsentrum op aanklag van roof en die besit van gesteelde eiendom gearresteer. Die geroofde items van die slagoffer is teruggevind. Die verdagtes is by Norwood-polisiestasie aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.

Patrick Jaca, JMPD-polisiehoof, het die beamptes vir die suksesvolle arrestasie geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief