KWAZULU-NATAL. – Altesaam 13 rooftogte is sedert 1 April by die kruising van die R102 en Palmview in Phoenix aangemeld.
Reaction Unit South Africa sê hulle is vir hierdie rooftogte uitgeroep, maar nie al die slagoffers het kriminele sake oopgemaak nie.
Die slagoffers het almal gesê hulle het by die rooi verkeerslig stilgehou, waarna hulle deur een of twee verdagtes genader is. Slagoffers is dan met ‘n mes gedreig en van kontant, handsakke en selfone beroof.
Die voorvalle kom gewoonlik vroeg in die oggend of in die aand voor.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: