VSA. – Nasa het aangekondig Sunita Williams en Butch Wilmore, die ruimtevaarders wat met die Boeing Starliner na die ruimte is, sal Sondag (16 Maart) terug wees op die Aarde.
Lees ook: Boeing Starliner-ruimtevaarders keer terug Aarde toe met SpaceX-ruimtetuig
Volgens Nasa sal die ruimtevaarders wat Wilmore en Williams moet vervang op 12 Maart na die ruimte gestuur word en na verwagting die volgende dag op die Internasionale Ruimtestasie land.
Wilmore en Williams sal dan op 16 Maart terugkom Aarde toe na 284 dae in die ruimte. Die paar sou oorspronklik net vir vyf dae in die ruimte gewees het, maar probleme is met die Boeing Starliner ervaar, wat veroorsaak het dat hulle daar moes bly.
Bronne: Daily Mail, USA Today, The Times of India
Lees ook: Boeing Starliner-ruimtevaarders keer terug Aarde toe met SpaceX-ruimtetuig





