Rus ordentlik uit die vakansie

Lees ook :

Dit gebeur dikwels dat mens op vakansie gaan en so besig is dat mens moeg terugkeer huistoe. Dit is hoekom daar iets is soos ’n vakansie, om uit te rus en vars terug te keer werk en skool toe.

Ontspan

Irene Haasbroek van Ateraksie sê dat dit noodsaaklik is om vir jouself tyd te maak. “Maak tyd vir jouself. Gee jouself toestemming om eenvoudig net te rus.” Dit is immers vakansie.

Slaap genoeg

Kom in ’n goeie slaap roetine. Volgens Irene is slap baie goed om stress te verlig en om baie goed uit te rus. Kenners beveel mense aan om sewe tot nege ure ‘n aand te slaap om goed uitgerus te voel. Daar is bewys dat stress vlakke verlaag kan word deur meer te slaap.

Kuier saam geliefdes

Sit jou foon af en kuier saam met die mense rondom jou. Geniet hulle geselskap, wees interaktief en lag lekker saam. Lag verminder stres, verbeter jou bui en verbeter jou imuunstelsel. Hulle sê nie verniet ‘lag is die beste medisyne’ nie.

Oefen

Ja mens wil rus die vakansie, maar daar is legio voordele wat oefen aanbetref. “Deur aktief te wees verbeter ons gemoed, verlig die stress en angs en het ons meer energie” sê Irene. Oefening verhoog die afskeiding van die goedvoelhormoon (endorfine), wat ook stress en angstigheid verminder. Deur oefeninge te doen verbeter jy ook jou fisieke voorkoms en voel jy sommer beter oor jouself.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief