Somerdrankies

Lees ook :

Breek die hitte hierdie somer met smaaklike, verfrissende en tuisgemaakte somerdrankies. Hierdie resepte is vinnig, maklik en terselfdertyd lekker ook. Die ystee is alkoholvry en heerlik vir die hele gesin.

Vir die hele gesin – vrugte-ystee

Bestanddele:

  • 1 koppie vrugte van jou keuse ( bessies, kiwi’s en lemoen werk lekker)
  • 1 liter rooibostee
  • suurlemoenskywe
  • 100 tot 200 ml aanmaaksap
  • kruisementblare
  • 2 koppies ys

Metode :

  • Laat trek die rooibostee en laat dit afkoel
  • Voeg die aanmaaksap en suurlemoensap by
  • Gooi die vrugte, ys en kruisementblare in
  • Voeg suurlemoenskywe by om af te rond
  • Geniet in die hitte van die dag!

Vir die volwassenes – ‘n Punch met ‘n punch

Bestanddele:

Vrugte

  • 2 lemoene
  • 3 suurlemoene
  • 1 koppie vars pynappel
  • 1 koppie aarbeie

Sap

  • 1 koppie “peach shnapps”
  • 2 koppies lemoensap
  • 5 koppies bosbessiessap (cranberries)
  • 3 koppies mango-sap
  • 1 koppie sjampanje
  • 50 ml vodka

Ander:

  • Ys na smaak
  • Kruisementblare

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief