Brekende Nuus
Afrikaans

Rusland beweer 14 Suid-Afrikaanse huursoldate is in Oekraïne doodgemaak

Volgens Rusland is daar 35 Suid-Afrikaanse huursoldate in Oekraïne waarvan minstens 14 dood is.

Rusland beweer 14 Suid-Afrikaanse huursoldate is in Oekraïne doodgemaak
fotokrediet: Canva
Rusland beweer 14 Suid-Afrikaanse huursoldate is in Oekraïne doodgemaak fotokrediet: Canva

Lees ook: Kelly Khumalo het glo Senzo Meyiwa-huurmoord gereël

OEKRAÏNE. – Die Russiese verdedigingsministerie beweer minstens 14 Suid-Afrikaanse huursoldate is sedert 2022 in Oekraïne dood.

Volgens hulle is daar 35 Suid-Afrikaanse huursoldate in Oekraïne waarvan minstens 14 dood is. Suid-Afrika is slegs een van verskeie Afrika-lande wat gehuurde soldate in Oekraïne het.

Van Nigerië se 97 huursoldate in Oekraïne is 47 dood, van Algerië se 60 het 28 omgekom, van Senegal se 15 is vier dood en van Guinee se 10 is ook vier dood.

Die Russiese verdedigingsministerie het bekendgemaak daar was 13 387 huursoldate in Oekraïne sedert die oorlog in 2022 begin het, waarvan 5 962 reeds dood is.

Daar is ook huursoldate van Europa, die VSA, Australië, Asië en Suid-Amerika in Oekraïne.

Bronne: IOL, NewsPanther, Bulletin

Lees ook: Tafelberg se toerismesyfers lyk goed sê SANParke