SA- en Lesotho-polisiehoofde vergader oor ‘onwettige weermagoefenkampe’

Lees ook :

Foto: SAPD

LESOTHO. – Genl. Fannie Masemola het Maandag met adv. Torotha Matsoso, sy Lesotho-eweknie, in Maseru vergader om bewerings oor onwettige Basotho-weermagoefenkampe in Suid-Afrika te bespreek.

Luidens ‘n gesamentlike verklaring deur brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder en sr. supt. Mpiti Mopeli, van Lesotho se berede polisiediens (Lesotho Mounted Police Service), het Masemola ‘n afvaardiging van senior amptenare van verskeie staatsdepartemente onder die vaandel van die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) in die vergadering gelei. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging het lt.genl. Tebello Mosikili, die adjunk- nasionale kommissaris van polisie en medevoorsitter van Natjoints, die hoof van Interpol in Suid-Afrika, ’n senior offisier van misdaadintelligensie, ’n verteenwoordiger van die staatsveiligheidsagentskap (SSA) en ’n senior beampte van die departement van binnelandse sake ingesluit.

Adv. Matsoso het die afvaardiging van die Lesotho Mounted Police Service gelei wat adj.komm. Lihama Moqhebi, die adjunk-kommissaris van polisie verantwoordelik vir operasies, asook senior offisiere van misdaadintelligensie, gespesialiseerde operasies en speurdiens ingesluit het.

Luidens die verklaring het genl. Masemola hom tydens die gesprek met die Lesotho-polisiehoof oor die uitkomste van die polisie se misdaadintelligensiegedrewe operasies tot dusver ingelig. Adv. Matsoso en sy afvaardiging sal op hul beurt ’n verslag aanbied oor hul bevindings tot op hede.

Albei polisiehoofde sal na verwagting ’n gesamentlike verklaring oor die bevindings en die pad vorentoe uitreik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief