SA-sjef oorlede op Richard Branson se eiland

Lees ook :

Suid-Afrikaanse sjef oorlede op Richard Branson se eiland fotokrediet: X

BRITSE MAAGDE-EILANDE. – ’n Suid-Afrikaanse sjef is op Richard Branson se Necker-eiland in die Britse Maagde-eilande oorlede.

Lees ook: Vier mense dood in Russiese lugaanval op Oekraïne

Sihle Somdaka, ’n gerespekteerde sjef wat voorheen by Opa Doha in Katar en Razzmatazz in Koeweit gewerk het, is oorlede nadat hy Vrydag beheer oor ’n elektriese karretjie (buggy) verloor het.

Hy was besig om ’n afskeidspartytjie by die eiland se Great House te verlaat toe die ongeluk plaasgevind het. KPR is op hom toegepas en daar is met hom na ‘n hospitaal gejaag, maar is later dood verklaar as gevolg van ’n kopbesering.

Richard Branson, wat nie op die eiland was tydens die ongeluk nie, het sy medelye uitgespreek en is glo in kontak met Somdaka se familie en die werkers op die eiland.

Owerhede is besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Bronne: SA People, The Citizen, The Africa

Lees ook: Vier mense dood in Russiese lugaanval op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief